NGCOBO NUUS - Polisielede in die Chris Hani-distrik het die naweek positiewe resultate tydens 'n Vuthu Hawe-operasie gehad.
Volgens kapt. Ursula Roelfse, polisiewoordvoerder, het lede van die sigbarepolisiëringseenheid en die onluste-eenheid spesifiek op die Ngcobo- en Dastile-areas gefokus.
"Die doel van die operasie was om vir onwettige vuurwapens te soek, voertuie op spesifieke punte te deursoek, dwelmhandel te keer en dronkbestuurders van die pad af te kry."
Volgens haar kon die lede daarin slaag om 'n 25-jarige man te beboet vir die verkoop van drank sonder 'n lisensie - die drank is ook gekonfiskeer.
"Die lede het ook 'n 23-jarige in hegtenis geneem vir handeldryf in dagga. Een groot plastieksak en 29 kleiner sakkies en met dagga is gekonfiskeer. Die waarde van die dwelms beloop R110."
Roelfse sê die polisie het ook drie Okapi-messe beslag gelê.
Die distrikskommissaris, genl. maj. Rudolph Adolph, het die lede vir hul goeie werk geloof.
Drank wat gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste Ngcobo, Karoo nuus'