QUEENSTOWN NUUS - Die provinsiale polisiekommissaris van die Oos-Kaap, kapt. Namhla Mdleleni, het onlangs 'n persverklaring vrygestel waarin bevestig word dat vinnige optrede deur misdaadintelligensiedienste van die Mlungisi-misdaadvoorkoming, asook die honde-eenheid en die polisie se eenheid vir openbare orde gelei het tot die arrestasie van 'n 32-jarige man wat in besit was van 120 kg perlemoen.
Polisielede het reageer op inligting wat daarop gedui het dat 'n verdagte voertuig van Oos-Londen na Komani onderweg was.
Die polisielede het die voertuig op die N6 opgemerk en dit tot stilstand gedwing.
"Perlemoen ter waarde van R184 950 is in die voertuig gevind en twee klagtes is teen die bestuurder van die voertuig aanhangig gemaak.
"Die eerste klag is vir die onwettige besit van perlemoen, en die tweede klag vir die vernietiging van marine lewe en natuurlike hulpbronne. Die verdagte sal eersdaags in die Queenstown-landdroshof verskyn."
Die waarnemende distrikskommissaris, brigadier Zuziwe Magqashela, het die lede geprys vir hul puik dienslewering.
Die perlemoen wat in die verdagte se besit gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Oos-Kaap nuus'