KAROO NUUS - Plaaslike haarkapper Victor 'Vic' Verwey het heerlike gebakte wortelpoeding op laasweek se spyskaart gehad:
Bestandele
1 en 1/2 koppies kookolie
2 koppies suiker
4 eiers, geklits
1/2 teelepels vanilla essence
2 koppies koekmeel
1 teelepel koeksoda
2 teelepels fyn kaneel
1/2 teelepel sout
3 koppies gerasperde wortels
1 koppie gekapte neute
Metode
Klits die olie en suiker saam. Voeg die geklitse eiers en vanilla essence by.
Sif die droë bestandele saam en voeg by die eiermengsel.
Roer die wortels en neute by.
Giet die mengsel in 'n groot, gesmeerde oondbak en bak in 'n voorverhitte oond van 180 grade vir ongeveer 50 tot 60 minute, afhangend van hoe diep jou bak is.
Wanneer die poeding in die middel feitlik heeltemal gestol is, is dit gaar.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'