GRAAFF-REINET NUUS - Die NG Graaff-Reinet-gemeente hou dié Vrydagoggend, 7 September, ‘n Lentemark.
As gevolg van die voorspelling van reën, sal die geleentheid in die Te Watersaal in Bourkestraat van 10:00 tot 14:00 aangebied word.
Leder en elk is welkom om ‘n draai te maak.
Heerlike pannekoek, warm sjokolade, kerrie-en-rys, braaivleis en gebak sal te koop wees.
Daar sal ook, onder andere, pragtige plante te koop aangebied word – net betyds vir diegene wat dié maand wil begin woeker in hul tuin.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'