GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se Landsdieners het onlangs in Hartenbos gekamp.
Die leerders het hule eie tente opgeslaan, 'n eerste vir baie van die leerders.
Die kampers het, onder andere, 'n uitstappie na 'n haai-akwarium in Mosselbaai geniet, 'n staproete tot by die nuwe zipline, en 'n heerlike dag by Santosstrand.
Diaz Waterworld was, natuurlik, ook 'n hoogtepunt.
Die leerders het so lekker baljaar, dat hulle behoorlik moeg was op die rit terug huis toe.
Volksies baljaar op die strand.
Huis, hier kom ons! Volksies rus op die lang pad huis toe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'