GRAAFF-REINET NUUS - In samewerking met die CMR en die Kerkraad van die NG Graaff-Reinet, word 'n Daniël Konferensie aangebied op Saterdag, 15 Februarie, by die Te Watersaal in Bourkestraat, Graaff-Reinet.
Die aanbieder is ds. Braam Grobbelaar van Moreletapark in Pretoria.
"Daar is gevoel dat die manne van ons gemeenskap by 'n kruispad gekom het, veral as daar gedink word aan krisisse in die landbou sektor en in die familie verband," het een van die organiseerders, Sakkie van Zyl, gesê.
Die konferensie sal fokus op dié kruispad, sowel as vrae oor God se bestaan, en nog baie meer. Die geleentheid sal afgesluit word met 'n heerlike ete.
Besoek die NG Graaff-Reinet se kerkkantoor vir kaartjies en meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'