GRAAFF-REINET NUUS - Om bloed te skenk verg net ’n paar minute en is een van die maklikste maniere waarop jy ’n verskil kan maak en iemand se lewe kan red.
Enige iemand tussen 16 en 65 kan bloed skenk, solank hulle aan die vereistes voldoen.
'n Bloedskenk-kliniek vind dié komende Maandagmiddag, 12 November, in Graaff-Reinet plaas.
Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om dit te ondersteun.
Die kliniek sal in die Te Water-saal in Bourkestraat van 14:00 tot en met 18:00.
Interessante feite oor bloedskenk
- Wanneer jy bloed skenk, word slegs 480 ml bloed geneem en dit is baie maklik vir ’n normale persoon se liggaam om te vervang.
- ’n Gesonde individu kan gemiddeld 330 keer in sy/haar leeftyd bloed skenk.
- Bloed uit die O-groep is altyd in aanvraag, want dit kan aan enige pasiënt gegee word in ’n noodgeval. Een uit drie mense behoort tot hierdie groep.
- AB-negatief is die skaarsste bloedgroep en minder as 1% van die bevolking behoort tot hierdie groep.
- Mensbloed bestaan uit 78% water.
- Party mense verkies om hulle eie bloed te gebruik indien hulle geopereer moet word. Dit word outoloë transfusie genoem. Indien jy dit wil doen, is dit noodsaaklik om dit vier tot vyf weke voor die beplande operasie met jou dokter te bespreek. Bloed word dan lank genoeg voor die operasie geskenk sodat jou liggaam kan herstel voor die chirurgie. Die bloed word getoets en gestoor om beskikbaar te wees indien jy ’n oortapping tydens of na die operasie sou benodig.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'