GRAAFF-REINET NUUS - Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik ? moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) wie se doel is om genoeg, veilige bloed aan pasiënte in Suid-Afrika te voorsien.
Maak bloedskenk dus deel van jou vakansieplanne!
Die SANBS hou vandag, Maandag, 10 Desember, ‘n bloedkskenkingskliniek in Graaff-Reinet.
Diegene wat belang stel om te skenk, kan tussen 14:00 en 18:00 by die Te Watersaal in Bourkestraat aanmeld.
Die SANBS hoop om 70 eenhede vandag in te versamel.
SANBS wil graag alle gereelde bloedskenkers bedank en aanmoedig om aan te hou om gereeld bloed te skenk.
Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.sanbs.org.za of skakel tolvry 0800 11 90 31.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'