LEEFSTYL NUUS - Outisme is 'n ontwikkelingsagterstand wat in die brein ontstaan en is nie 'n sielkundige probleem nie.
Mense op die outistiese spektrum wissel van verstandelik erg gestremd tot begaafd, nie een mens met outisme is dieselfde as 'n ander nie.
Iemand met outisme sukkel gewoonlik met sosiale interaksie, verbale- en nie-verbale kommunikasie, herhalende gedrag, verskille in sensoriese persepsie en oogkontak.
Mense met outisme raak vinnig oorweldig deur die wêreld rondom hulle en as gevolg daarvan het hulle soms 'n 'meltdown' - 'n episode van sensoriese oorweldiging.
Redes vir so 'n episode kan byvoorbeeld wees wanneer 'n plek te raserig is, die ligte te helder is ens.
Hierdie mense/kinders word dan deur omstanders getipeer as bloot stout of ongehoorsaam, maar dit is absoluut buite hulle en hul ouers se beheer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'