Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Inwoners van wyk 5 in Kroonvalle, het vanoggend, 14 Julie, in ‘n vreedsame optog, vanaf Kroonvalle tot by die munisipale finansiële gebou in Caledonstraat gestap.
Hulle het die woorde, zizojika izinto, wat beteken dat ‘dinge gaan draai’, gesing terwyl hulle gestap het.
Hierdie optog is gehou om ‘n petisie aan die burgemeester, Willem Safers te oorhandig, teen die ex parte-hofsaak, wat onlangs teen ANC-raadslid Xolile Nzimkulu Galada geopen is, te oorhandig.
Galada en Maureen Malaya, het saam met die skare beweeg en by die voordeure van die munisipale finansiële gebou ingestap, voordat sekerheidswagte die deur kon sluit, om die petisie te oorhandig.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’