KAROO NUUS - Die Graaff-Reinet Advertiser ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief. Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Ougat - byvoeglike naamwoord. Meer ougat, ougatste. (geselstaal; veral t.o.v. kinders en diere)
Oulik of ouderwets: Die kind is darem alte ougat. Het hy nie ougat gesiggie nie? Hy het die ougatste hondjie persent gekry. Dit is regtig 'n ougate motortjie.
Hulle sê die voorman het 'n ogie op Tos gehad. En dié was nog blote kind, al was sy so ougat (G. Weideman: Donker Melk, 1994, 12).
Kindjie wens dat kindjie groter was / om saam oal die ougat diertjies op te pas (A. Snyman: Rondreis, 1981, 31).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'