Video
CRADOCK NUUS EN VIDEO - Die vervoermaatskappy in Cradock, Wolsak, het onlangs weer hul volle vloot ingespan om lekkers in die gemeenskappe van Cradock te versprei.
"Lekkers en geld is deur Wolsak ingesamel, en ons het altesaam 15 vragmotors uitgestuur met 18 groot bokse lekkers, wat oral in die gemeenskappe versprei is. Ons het ook 'n ruim kontantdonasie by Elizabeth Jordaan-tehuis saam met lekkers afgelaai en dit het soveel gesigte met vreugde opgehelder," sê Jaco Mulder, eienaar van Wolsak.
Handevol lekkers is deur die drywers in die strate gegooi en opgetel deur almal om te geniet.
Mulder sê dat as enigste vervoermaatskappy in Cradock, gee hulle ook graag aan die gemeenskap terug.
Video verskaf:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’