GRAAFF-REINET NUUS— Vier gelukkige lesers kan elkeen 'n kopie van Moving to the Platteland - Life in Small Town South Africa wen.
Skryf in deur 'n epos met die onderwerp-sleutelwoord 'Kompetisie' aan tiser@groupeditors.co.za te stuur.
Meld in die e-pos een goeie rede waarom jy graag 'n kopie van dié besonderse boek wil wen. Sluit die e-pos af met jou naam, van en kontakbesonderhede.
Bepalings en voorwaardes:
1. Die kompetisie skop Donderdag, 19 Julie, om 08:00 af en sluit op Dinsdagmiddag, 24 Julie, om 16:00.
2. Die prys is nie verhandelbaar nie.
3. Die prys sluit die volgende in: Vier lesers staan elk 'n kans om 'n kopie van Moving to the Platteland - Life in Small Town South Africa te wen.
4. Slegs geldig vir inwoners van Graaff-Reinet, Nieu-Bethesda en Aberdeen.
5. Wenners word blindweg gekies en sal in volgende week se uitgawe van die Graaff-Reinet Advertiser bekendgemaak word.
6. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
7. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
8. Die pryse is nie vir kontant omruilbaar nie.
9. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken individue dat hulle al die bepalings en voorwaardes aanvaar.
10. Wenners jonger as 18 jaar moet toestemming by hul ouers of voog verkry vir deelname.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'