GRAAFF-REINET NUUS — Die Somerset Straatmark word weer môre, Saterdag, 29 Julie, in Graaff-Reinet gehou.
Die doel van die straatmark is om Graaff-Reinet 'n prettige gemeenskapsbyeenkoms te bied en om inwoners te help om ekstra geld te verdien.
“Ons wil inwoners van Graaff-Reinet en omstreke help om maandeliks geld te verdien deur produkte by die straatmarkte te verkoop,” sê Hestie van der Mescht, organiseerder. “Ons wil ook die ekonomie in Graaff-Reinet verbeter en nie-winsgewende organisasies die geleentheid gee om geld in te samel,” sê sy.
"Dan is dit ook die perfekte geleentheid vir die dorp se inwoners om plaaslike varsproduk ensomeer vir hul spens en huis te kan kry," sluit Van der Mescht af.
Stalletjiehouers wat graag hierby betrek wil word, kan organiseerders Hestie van der Mescht (082 923 8383) en André van Rensburg (071 870 5081) skakel om meer uit te vind.
Saterdag, 29 Julie, se mark sal duur van 9vm tot 12nm in Somersetstraat, Graaff-Reinet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'