GRAAFF-REINET NUUS - Groot areas in Graaff-Reinet en omgewing sit vir die afgelope paar dae sonder water.
Adendorp en Kroonvale word die ergste geraak deur ‘n massiewe lekkasie op die hoof watertoevoer in die Auret (Wolwas)-omgewing.
Indien die kontrakteur nie daarin slaag om dringende herstelwerk te doen nie, kan die situasie vererger, kan die watertoevoer vir ‘n langer tydperk onderbreek word.
Wilca Smith, waarnemende kommunikasiebeampte by die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit, het vanoggend, Dinsdag 28 Mei, gesê “die munisipaliteit is bewus van die pyplek.”
Sy het verduidelik dat ‘n kontrakteur aangestel is om die lekkasie te herstel.
“Die munisipaliteit is egter versigtig met die herstel van die lekkasie, weens risiko’s daaraan verbonde. Indien die kontrakteur nie instaat is om by die tydskedule te hou nie, of nie oor die vereiste onderdele beskik nie, kan die watertoevoer vir ‘n langer tydperk af wees,” verduidelik Smith.
Die ‘vrot’ water borrel steeds uit die lekkasie en dam op bo die lekkasie.
Die Graaff-Reinet Advertiser het met sakelui gepraat, wat gratis hulp wou aanbied, net om van die kontrakteur te hoor, “moenie vir my sê wat om te doen nie. Ek ken my werk.”
Dit was na bewering op 21 Februarie en die probleem is steeds nie opgelos nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'