GRAAFF-REINET NUUS - Joy Williams, raadslid vir Wyk 14 in Graaff-Reinet, is boos omdat mense vullis in die veld en oop erwe in dié woonbuurt stort en omdat daar niks deur die dorp se owerhede daaromtrent gedoen word nie.
Williams het dié week die Graaff-Reinet Advertiser gaan wys wat die stand van sake in haar wyk - wat van Proteastraat in Kroonvale tot Narsingstraat in Asherville strek - is.
"Wyk 14 lyk nou soos Graaff-Reinet se stortingsterrein," meen 'n onstoke Williams.
Dié raadslid het egter nou besluit genoeg is genoeg.
"Talle versoeke, oproepe en persoonlike gesprekke met munisipale amptenare en bestuur het op dowe ore geval," meen Williams. "Geen wette word toegepas nie en oortreders word nie vervolg nie."
Williams meen nou dat haar leierskapvermoëns in haar wyk bevraagteken word, wanneer dit eintlik wanbestuur van die munisipaliteit se kant af is, wat toedra tot die probleem.
"Toe ek tot dié amp verkies is, het ek 'n skoon woonbuurt aan die inwoners van my wyk gewaarborg, ek het al talle skoonmaakaksies geloods en self al ingespring en rommel opgetel.
Dit voel nou egter of ek doelbewus gesaboteer word, aangesien daar net geen pogings deur die munisipaliteit aangewend word om die area skoon te maak nie."
"Ja, die vullis word onwettig daar gestrooi deur inwoners van die wyk en elders, maar die munisipaliteit moet erens ook intree, die oortreders beboet en 'n skoonmaakaksie van stapel stuur. Iemand moet die reëls vaslê, die wet toepas en optree teen dié wat die veld so bemors," het Williams vies gesê.
Volgens Williams moet daar ook 'n plan gemaak word om die gebrek aan opvoeding, inligting, kommunikasie en dissipline by inwoners aan te spreek. "Mense behoort meer om te gee oor hoe hul dorp lyk en behoort hul plig te besef om hul woonbuurt te help skoonhou."
Williams pleit by die munisipaliteit om 'n werkbare stelsel te ontwikkel en dan versoek sy ook inwoners om te help met die oplossing van die rommelprobleem.
"Dit kan nie so aangaan nie. Die dooie karkasse van diere, vuil doeke en wie weet wat nog wat orals neergegooi word, veroorsaak dat die inwoners van my wyk in haglike omstandighede moet bly wat binnekort tot ernstige gesondheidsprobleme kan lei."
Williams bedank graag die inwoners wat wel streef om hul gebied skoon te hou, die bystand van die gemeenskapswerkprogram (CWP) en diegene wat vorendag kom met idees en aksieplanne – dit word hoog op prys gestel.
Diegene wat met Williams in gesprek wil tree hieromtrent, kan haar skakel by 071 335 7942.
- Die munisipaliteit is genader vir kommentaar hieroor, maar teen druktyd is daar nog geen terugvoer ontvang nie.
GRAAFF-REINET NEWS - Joy Williams, the councillor for Ward 14 within the Dr Beyers Naudé Local Municipality, has recently embarked on a new venture, which she hopes will aid the many skilled and talented tradesmen in her ward.
Williams hopes to compile an extensive database, listing all the qualified and skilled tradesmen in her ward, in order to facilitate employment opportunities for these individuals.
Williams has already put together a large list of artisans, so individuals or businesses can give her a call to inquire about tradesmen looking for work.
Residents are requested to participate in Williams' skills audit.
Anyone skilled in trades such as carpentry, building, masonry, electrical work, plumbing, painting and the like, are urged to contact Williams at 071 335 7945 to submit their details for the database.
Die rommel in Vinkstraat.
'We bring you the latest Graaff-Reinet, Karoo news'