WILLOWMORE NUUS - Connie Schoeman, 'n maatskaplike werker by die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) in Willowmore, het die publiek se hulp nodig om 'n vermiste persoon op te spoor.
Rulene Maridene Krotz, die moeder van drie minderjarige kinders, wat tans in Willowmore woonagtig is, het spoorloos verdwyn.
Indien enigiemand kan help of weet waar sy haar bevind bel Connie Schoeman by 076 199 7040.
'Ons bring jou die nuutste Willowmore, Karoo nuus'