GRAAFF-REINET NEWS - Indien die Valentynsgees jou getref het, is hierdie Valentynsdans spesiaal vir jou!
Hierdie Vrydag, 16 Februarie, word daar ’n romantiese Valentynsdans in Kroonvale se Alex Laing-saal gehou.
Neem jou geliefde saam, gaan dans, gesels en geniet ’n heerlike aand!
Die verrigtinge begin om 18:30 met 'n gelukkige trekking later die aand.
Verversings sal te koop wees, maar gaste is welkom om hul eie piekniekmandjie vir die geleentheid te pak.
Kaartjies, teen R50 per persoon, is by Graaff-Reinet Primêr te koop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'