MIDDELBURG NUUS - Twee afsonderlike ongelukke naby Middelburg het die lewens van twee mans - glo van dieselfde gesin - geëis.
Bakkie tref springbok
Kapt. Ursula Roelofse van die Chris Hani-distrik SAPD sê in die eerste ongeluk op 7 April, tussen 20:00 en 22:00, het 'n bakkie met twee mans op die grondpad van Richmond na Middelburg 'n springbok getref.
Die bakkie het die pad verlaat en gerol. Een man het onder die bakkie beland en is later deur reddingswerkers bevry en na die Wilhelm Stahl-hospitaal in Middelburg geneem.
Die tweede man is op die toneel dood verklaar.
Vragmotor tref voetganger
In die tweede ongeluk het 'n swaar- vragmotor vanaf Kuruman op 8 April kort na 20:00 op die N10 in die rigting van Gqeberha 'n voetganger noodlottig getref.
Die bestuurder het die voetganger in die pad gesien en probeer stop, maar kon nie die vragmotor betyds tot stilstand bring nie, en die voetganger omgery.
Die bestuurder het onmiddellik 10 111 geskakel en die voorval angemeld.
Twee sake van strafbare manslag word ondersoek.
Op sosiale media word gesê dat die twee oorlede mans van dieselfde gesin is. Die familie is gekontak, maar wil geen kommentaar lewer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’