CRADOCK NUUS - Twee tuinfeetjies was die afgelope Sondag, 29 Januarie, druk besig om die rose op Cradock se tuine pienk en rooi te verf.
Behalwe om van roos tot roos te vlieg, gebruik die feetjies ook ‘n motorfiets om hul groot taak vinniger af te handel.
Die twee feetjies geniet die heerlike somerdae terdeë en heet Sadie Weitz en Milané Fourie. Die niggies is albei 3 jaar oud.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'