GRAAFF-REINET NUUS - Twee swemmers van Hoër Volkskool, Marlein Crewe-Brown en Izak Hattingh, het die afgelope vakansie aan 'n A-groep swem in Gqeberha (Port-Elizabeth) deelgeneem en albei in die opeafdeling uitgeblink.
Marlein het twee bronsmedaljes verower deur derde te eindig in die 200 m- en 50 m-borsslag en het vierde in die 100 m-borsslag geëindig.
Sy was ook sesde in die 200 m-individuele wisselslag.
Izak was sesde in die 50 m-vlinderslag en sewende in beide die 100 m- en 200 m-vryslag. Hy was tiende in die 200 m-individuele wisselslag.
Marlein is ná afloop van die gala in die OP-swemspan opgeneem en sal hulle in Oudtshoorn in die borsslag by 'n interprovinsiale gala verteenwoordig.
Izak Hattingh
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'