MURRAYSBURG NUUS - Die jaarlikse Stilfees wat op Sondag 20 Maart by Grootdriefontein net buite Murraysburg aangebied word, sal musiek en kos uit die boonste rakke bied.
Dit begin om 10:00 en sal tot die middag om 17:00 duur.
Onder die bekende musiekkunstenaars wat gaan optree, is Loki Rothman, Roan Ash, Marica Barnard en die String Therapy.
Kaartjies vir volwassenes is R240, leerders R100, kinders onder ses kan dit gratis bywoon.
'Ons bring jou die nuutste Murraysburg, Karoo nuus'