CRADOCK NUUS - Cradock Voorbereidingskool se skoolkoor het deurgedring na die uitdunne van Sing in Harmonie, in Kaapstad.
Volgens Ann Nel, dirigent van dié koor, sal die kompetisie op 4 September in Kaapstad plaasvind.
Daar is ongeveer 230 skole wat jaarliks vir die kompetisie inskryf en Cradock Voorbereidingskool is in die top-8 in die junior-afdeling.
"Die is 'n reuseprestasie vir die skool. Eintlik nie net vir die skool nie, maar ook vir die dorp en die hele Oos-Kaap. Ons is die enigste van die Oos-Kaap juniorkore wat die eindronde bereik het."
Nadat hierdie uitslag bekendgemaak is, poog Cradock Voorbereidingskool om ekstra fondse in te samel, sodat ook kinders, wie se ouers nie hierdie addisionele uitgawe kan bybring nie, by te staan.
Enige persoon wat graag 'n leerder wil borg kan die skool by 048 881 3277 kontak.
Cradock Voorbereidingskool se koor. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'