Update
KAROO NUUS - Daar is lig aan die einde van die tonnel na Eskom twee weke gelede vir etlike ure per dag die kragtoevoer na Willomore, Jansenville en Steytlerville begin sny het.
Eskom het aangevoer die munisipaliteit het nie sy terugbetalingsooreenkoms eerbiedig nie en na 'n week se aanvanklike strafonderbrekings, sou Eskom krag na dié drie dorpe van 18 April vir 'n allemintige 14 uur per dag sny.
Laatmiddag op Dinsdag 16 April, kort voor die Graaff-Reinet Advertiser te perse gegaan het met die hoofopskrif Eskom cuts cause havoc, het die Advertiser by Eskom verneem dat die kragverskaffer 'n ooreenkoms met Dr Beyers Naudé-munisipaliteit aangegaan het. "Die elektrisiteitsonderbrekings is met onmiddelike effek gestaak. Eskom en die munisipaliteit het 'n ooreenkoms bereik," het Eskom se verklaring gelees. 'n Kennisgewing in dié verband is ter elfder ure op die voorblad aangebring.
Munisipale woordvoerder, Wilca Smith, het aan die Advertiser bevestig dat 'n skriftelike ooreenkoms opgestel is. "Die dokumentasie sal tydens 'n spesiale raadsvergadering op Maandag 30 April voor die raad dien vir bespreking en aanvaarding. Daarna sal dit deur beide partye - Eskom en die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit - onderteken word."
Smith wou geen van die besonderhede verskaf nie. "Na afloop van die spesiale raadsvergadering sal inligting soos in die ooreenkoms vervat, bekend gemaak word."
The deal with Eskom that was reached on Tuesday 16 April, just two days before the power utility was to cut the power supply to Willomore, Jansenville and Steytlerville for 14 hours a day, will serve before the Dr Beyers Naude Municipal Council on Monday 30 April. Details of the agreement will only be made available after the meeting.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'