ABERDEEN NUUS - Vanoggend, op 20 Desember, om ongeveer 07:25 op die R61, tussen Aberdeen en Beaufort-Wes het twee minibus taxi's kop-aan-kop met mekaar gebots.
Een van die insittendes is op die toneel dood verklaar.
Verdere twee insittendes van die een minibus het ligte beserings opgedoen; terwyl 10 insittendes van die ander minibus beseer is.
Die een bussie het net vyf persone gedra.
Dit blyk dat die een minibus in die ander se baan (aankomend) inbeweeg het, vandaar het die botsing reg van voor plaasgevind. Die een minibus se bestuurder kon nog nie 'n verklaring lewer nie; derhalwe is geen verdere besonderhede oor die presiese oorsaak van die ongeluk beskikbaar nie.
Dit is die derde ongeluk waarin 'n minibus taxi op die R61 betrokke is sedert die begin van die Kersseisoen. Hierdie is egter die eerste waarin twee bussies teen mekaar gebots het. Die ongeluk het minder as 7km buite Aberdeen gebeur.
Opruiming van die ongelukstoneel
Die haas onherkenbare wrak van die een minibus. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'