GRAAFF-REINET NUUS - Gemeentelede van die NG gemeente Graaff-Reinet is hard aan die oefen om die 2019 Passiespele op die planke te kry.
Dié vertoning, wat handel oor die kruisiging van Jesus, Sy opstanding en Hemelvaart, beloof om onvergeetlik te wees.
"Die aangrypende aanbieding en dekor, wat die inisiatief van gemeentelede self was, bring jou weer tot die besef watter groot prys Jesus met sy lewe vir sondaars betaal het," het Henry Thomson, wat die rol van Pontius Pilatus vertolk, aan die Advertiser gesê.
Volgens hom is die uitbeelding nie gerig op enige kerkverband nie. "Dit is om die boodskap oor te dra."
Die Passiespele sal Donderdag 31 Oktober en Vrydag 1 November om 6.30nm in die kerkgebou opgevoer word.
Toegang is gratis, maar donasies sal waardeer word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'