GRAAFF-REINET NUUS – Die John Rupert-teater se komitee hou Woensdagaand, 13 September, hul Algemene Jaarvergadering.
Die geleentheid sal by die Graaff-Reinet Klub om 17:30 gehou word.
Ligte versnapperinge sal na afloop van die vergadering bedien word.
Alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Die John Rupert-teater word deur 'n komitee van vrywilligers bestuur wat elke maand twee rolprente vertoon - 'n aandprogram op die eerste Woensdag van die maand en 'n middagvertoning op die derde Saterdag van die maand – daar word ook gereelde toneelstukke en musiekoptredes daar gehou.
Die John Rupert-teater (voorheen ‘n sendingkerk) is bekend as die enigste teater in die Camdeboo-streek. Die teater is gestig toe Dr Anton Rupert die ou kerk gekoop en restoureer het en dit vir die gemeenskap se gebruik aan die stadsraad oorhandig het.
Die gebou is vernoem na Dr Rupert se pa en is in Januarie 1980 as teater ingewy – die teater speel tans 'n aktiewe rol in Graaff-Reinet se kulturele lewe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet nuus'