GRAAFF-REINET NUUS - Jesus se lewe, uitgebeeld by en deur die Nederduitse Gereformeerde Grote Kerk, was 'n uitsonderlike Passiespele.
Die optrede het trane in die oë van die gehoor gebring en mense het vasgenael in hulle stoele gesit terwyl die toneel voor hulle afgespeel het.
Donderdag, 31 Oktober en Vrydag, 1 November se Passiespel, waar Jesus se lewe deur Ampie Jordaan vertolk is en Maria se skoene op die verhoog deur René Kitching volgestaan is, het vrede in mense se harte gebring.
'n Lid van die gehoor het na Donderdagaand se optrede gesê: "Ek wou eintlik nie kom kyk nie, maar ek het en voel vrede in my hart, ek is geseënd en vervul met Die Heilige Gees."
Verskeie Graaff-Reinetters, jonk en oud, het aan die Passiespele deelgeneem.
Die rolskrywer, Marguerite Boje, het Dinsdag, 5 November aan die Advertiser gevra: "Hoekom die Passiespele?"
Sy het haar eie vraag geantwoord deur te sê, "Ek glo dis omdat Jesus se lewensverhaal 'n mens altyd aangryp en ons diep onder die besef bring van Sy groot liefde vir ons. Ons het vandag Sy liefde so nodig."
Jesus (vertolk deur Ampie Jordaan) en twee kinders, Milla Vorster en Kermenay Swartz.
Boje het die rolspelers as ongelooflik beskryf.
"Hulle samewerking, eensgesindheid en liefde was uitstaande."
Die rolspelers is dit eens dat na weke se oefening, hulle mekaar mis en nie weet hoe om hul aande na die Passiespele om te kry nie.
Die Passiespele was gevul met pragtige musiek en sang.
Maria en Josef, gesspeel en vertolk deur René Kitching en Ampie Jordaan.
Foto's: Christo Vermaak
Sangers tydens die Passiespel is Ampie Jordaan, Mari Blom, Mercia Blom en Fredre Lategan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'