Update
KOMANI NUUS - Inwoners van Komani (voormalig Queenstown) eis dat die munisipale bestuur van die Enoch Mcgima-munisipaliteit onmiddellik ontbind word.
Duisende inwoners het gister, Donderdag 26 Januarie, in opstand gekom en die sentrale besigheidsdistrik moes sluit vir die dag.
Voortdurende kragonderbrekings wat dae en weke duur is op die stadium die grootste frustrasie. Die betogers het gedreig om ook vandag te betoog.
Burgemeester Madoda Papiyane sê onwettige kragverbindings en swak onderhoud van die kragvoorsieningstruktuur is die grootste sondebokke.
Die munisipaliteit is R890 miljoen aan Eskom verskuldig.
Vorige artikel: Die koningin loop deur
'Ons bring jou die nuutste Komani, Karoo nuus'