GRAAFF-REINET NUUS - Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys, die aanbieders van KykNET se Afrikaanse storievertel-reeks ‘OppieStoep’, kuier vanaand, Woensdagaand, 28 Februarie, in Graaff-Reinet.
Dié twee bekende TV-karakters toer tans regoor die land opsoek na nuwe talent vir hul populêre reeks en is hul vandag in Graaff-Reinet en kontrei.
Diegene wat belangstel om Vermeulen en Geldenhuys te ontmoet of wat dink dat hulle ‘n Afrikaanse storie beter as enige iemand anders kan vertel, kan vanaand tussen 18:00 en 21:00 ‘n draai maak by Klub Libertas in Bourkestraat.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'