CRADOCK NUUS- Hoewel Helpende Hand se Ons Winkel in Cradock al op 30 Desember 2021 geopen het, het vyf van Helpende Hand se hoofbestuur eers die afgelope week die geleentheid gehad om saam na Cradock te reis vir die amptelike openingsgeleentheid.
Helpende Hand beskik oor 200 Ons Winkels landwyd wat onder privaat eienaarskap val, maar word oorhoofs deur Helpende Hand bedryf.
Slegs skenkings word gebruik om voorraad vir die winkels te bekom en dié voorraad word dan teen baie bekostigbare pryse te koop aangebied.
Hennie Rossouw, areabestuurder van Ons Winkel, het vanaf Kaapstad gereis om die plegtigheid by te woon. Marthie Maritz, streekmaatskaplike hulpwerker van Helpende Hand het vanaf KwaZulu-Natal gereis, Lize van Zyl, streekmaatskaplike werker vanaf Gqeberha, Marlene Basson Oos-Kaap en KZN-Suid streekorganiseerder van Gqeberha en Adéle Wright kliëntediens bestuurder vanaf Oudtshoorn, om ook teenwoordig te wees by die plegtigheid.
"Ons Winkel in Cradock is in 'n uiters bevoorregte posisie om deur die hoogs bekwame Tanya van der Mescht bestuur te word. Sy is 'n sakevrou by uitstek en sy ken haar klante op 'n persoonlike vlak en het ook 'n uitgebreide netwerk waardeur sy met sukses bemark," deel Lizan Burger, eienaar van Ons Winkel in Somerset-Oos en Cradock mee.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'