GRAAFF-REINET NUUS - 'n Bakkie met 'n sleepwa het ongeveer 4:30 vanoggend op die Aberdeen- na Graaff-Reinet-pad (N9) gerol en in die veld op sy wiele tot stilstand gekom.
Die Advertiser het later bevestiging ontvang dat 'n vrou en twee kinders na die Midland-hospitaal geneem is.
Die omvang van beserings is onbekend. Met die bestuurder ingesluit, was daar vyf mense in die bakkie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'