GRAAFF-REINET NUUS – Die NG Graaff-Reinet-gemeente se Omgeekafee word weer eerskomende Saterdag, 25 Augustus, aangebied.
Die Omgeekafee sal van 08:00 tot 11:00 die oggend duur op die sypaadjie in Caledonstraat, Graaff-Reinet.
Enige iemand wat die kerk kan bystaan met donasies van koffie, suiker, melk en tee, kan dit voor die tyd by die kerkkantoor afgee.
‘n Gratis koppie koffie en ‘n broodjie sal tydens die Omgeekafee aan die publiek uitgedeel word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'