GRAAFF-REINET NUUS - Tydens 'n galageleentheid Saterdag, 26 November het Karoo Ford hulle nuwe perseel en besigheid amptelik geopen.
Karoo Ford is trots om 'n ryk tradisie voort te sit wat al in 1952 begin het op Graaff-Reinet.
Sedert die nuwe perseel in Collegeweg gebou is, en die herdoop van Midland Auto na Karoo Ford, het die besigheid van krag tot krag gegaan.
Saam met hulle lojale kliënte, vriende en besigheidsvennote, is hulle een van die eerste handelaars in die land om 'n nuwe generasie Ford Everest aan die publiek bekend te stel.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'