GRAAFF-REINET NUUS - Narsingstraat Primêr het onlangs kragte gemeet teen Lingcom Primêr van Graaff-Reinet en Republiek Primêr van Port-Elizabeth.
Die dag het heerlik begin met rugbywedstryde tussen Narsingstraat en Lingcom se O.9- en O.11-spanne.
In beide wedstryde het Narsingstraat goeie rugby gespeel en het dié skool se O.9-span en die O.11-span hul teenstanders onderskeidelik 27 - 5 en 39 - 0 geklop.
In die daaropvolgende netbalwedstryde teen Lingcom, het Narsingstraat se O.7-span hul wedstryd 5 - 1 gewen, die O.8-span wen 13 - 0, die O.9-span wen 14 - 0, die O.10A-span 10 - 0 en die O.10B-span 6 - 1.
Later die dag het Narsingstraat ook vir Republiek Primêr op die netbaalbaan en die rugby- en sokkerveld aangevat.
Narsingstraat se O.13-sokkerspan wen hul wedstryd 1 - 0, die skool se O.13-rugbyspan wen hul wedstryd 35 - 12, die O.11-netbaldogters wen hul wedstryd 6 - 3, die O.12-netbalspan wen hul wedstryd 9 - 0 en die O.13-netbalspan klop hul teenstanders 11 - 2.
Narsingstraat se skoolhoof, personeel, leerders en skoolbeheerliggaam bedank graag by dié wyse die skoolgemeenskap vir hul heelhartige ondersteuning tydens dié wedstryde.
Narsingstraat Primêr en Republiek Primêr gaan nou jaarliks teen mekaar meeding.
Republiek Primêr hanteer die bal.
Republiek Primêr se speler ontwyk sy opponent op die sokkerveld.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'