MURRAYSBURG NUUS - Wesley Adams, ‘n 19-jarige Gospel-sanger van Murraysburg, maak tans gereed om sy eerste CD aan die publiek bekend te stel.
Adams sal tydens ‘n geleentheid op 17 Desember sy CD in die Murraysburg Stadsaal vrystel.
Hierdie is ‘n groot geleentheid - nie net vir Adams nie, maar ook vir die hele gemeenskap van Murraysburg - aangesien dit nie elke dag is wat ‘n plaaslike sanger daarin slaag om ‘n CD vry te stel nie.
Adams erken dat dit nie maklik was nie, maar dat God al die eer verdien in die geval.
Hy sê ook dat alhoewel dit moeilik was, hy aan ander jong mense wil bewys dat drome steeds waar kan word as jy net geloof het.
Verder sê hy met ‘n glimlag, “'op dié stadium kan ek nie veel meer sê oor die CD nie want dit word alles by die geleentheid in Desember bespreek, maar ek glo dit gaan ‘n ‘hit’ wees!
Dit gaan oor die genade wat God aan my toevertrou het en ek glo dat mense my musiek gaan geniet”.
Kaartjies vir geleentheid is tans beskikbaar teen R60 en R120. CD’s sal tydens die geleentheid vir R100 elk verkoop.
Skakel Mike Festus by 083 881 6469 vir meer inligting hieromtrent.
'Ons bring jou die nuutste Murraysberg, Karoo nuus'