GRAAFF-REINET NUUS - Vyf mense, insluitende die bestuurder van ’n taxi, is vanoggend (31 Julie) beseer toe dit in Parkstraat, Graaff-Reinet, gerol het.
Die ongeluk het omstreeks 06.30vm plaasgevind.
Volgens omstanders op die die toneel het dit voorgekom of die bestuurder beheer oor die taxi verloor het, dit omgeslaan het en teen ’n baksteen muur tot stilstand gekom het.
Volgens onbevestigde inligting is al vyf insittendes na die Midland-hospitaal in Graaff-Reinet geneem vir behandeling van ligte besering.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'