MIDDELBURG NUUS — Kursusgangers van Middelburg en omgewing asook so ver as Trompsburg en Victoria-Wes het tydens die eerste week van die Julie-vakansie verskeie kortkursusse te Grootfontein bygewoon.
Kennis is met die kursusgangers gedeel op die gebied van dieregesondheid, aangebied deur Dr Hoggie Viljoen, sweis-deskundige Rolfe Hermann het sy staal gewys met boogsweis en gassweis en die rekenaarkursus is deur Johanette van Heerden aangebied.
Hierdie kortkursusse word jaarliks slegs tydens die Julie-vakansie aan die publiek aangebied en is beperkte plek beskikbaar.
Positiewe terugvoer is vanaf die kursusgangers ontvang en is daar reeds weer navraag na nog kursusse wat ongelukkig eers weer in Julie 2018 sal geskied.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'