MIDDELBURG NUUS - Die Graad 12-leerders van Middelland Senior Sekondêre Skool in Middelburg het Woensdag, 15 Januarie, met groot trots hul nuwe skool uitrustings aangetrek.
Nadat dié skool se personeel, sowel as die ouers, besluit het dat die Graad 12’s van die skool uniek moet lyk, is daar ingestem dat die matriekleerders hul gewone wit kraaghemde met bloues kan vervang.
Dit word nou as ‘n nuwe tradisie by die skool ingestel en is 2018 dan die eerste jaar wat dit in die skool se geskiedenis toegepas sal word.
Volgens die Graad 12-leerders voel dit vir hulle asof hul nou ‘n beloning vir hul harde werk ontvang wanneer hulle die blou hemde aantrek.
Die eenvormige beeld van die matrieks gee ook ‘n samehorigheidsgevoel en laat dit hul verantwoordelik en trots voel op hul laaste jaar op die skoolbanke.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'