KAROO NUUS - Die Somerset-Oos-polisie ondersoek 'n klag van strafbare manslag, na 'n man in 'n motorongeluk dood is op die R63-pad tussen Pearston en Somerset-Oos.
Die ongeluk het Woensdag, 19 Junie, om 7.50nm plaasgevind.
Volgens kapt. Bradley Rawlinson, woordvoerder vir die Graaff-Reinet en omgewing se polisie, is die passasier, Elliot Mtshudu (67), op die toneel dood. Mtshudu was van Somerset-Oos afkomstig.
Die 55-jarige bestuurder van die motor, 'n blou Chevrolet, is per helikopter na 'n hospitaal in Port-Elizabeth geneem.
Sy naam word weerhou omrede die polisie se ondersoek nog hangende is.
Slegs een motor was in die ongeluk betrokke.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'