GRAAFF-REINET NUUS - Die Graad 7-leerders van Graaff-Reinet Primêr het Dinsdag, 4 September, hul jaarlikse entrepreneursdag gehou met 'n berg kleurvolle en kreatiewe skeppings wat sente laat klingel en note laat rol het.
Die leerlinge was almal uiters entoesiasties en het hulle hul baie goed van hul taak gekwyt.
Daar was ‘n behoorlike gegons en gedreun by al die stalletjies soos wat die kinders al die interessanthede wou ervaar. Natuurlik het hul geld met ‘n gedurige koop en verkoop van produkte gate in hul sakke gebrand.
Die dag se verrigtinge het 'n goeie wins getoon, wat aangewend sal word vir die Graad 7-klas se afskeidsfunksie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'