GRAAFF-REINET NUUS - Alhoewel daar op hierdie stadium geen reën vir die res van dié week voorspel word nie, bestaan daar wel ‘n kans vir reën wanneer die naweek aanbreek.
Intussen kan Graaff-Reinetters hul maar gereedmaak vir 'n geniepsige koue.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê maksimum temperature tussen 14°C en 19°C sal na verwagting vir die volgende paar dae in Graaff-Reinet en omgewing voortduur.
Minimum temperature sal na verwagting tussen 1°C en 3°C deur die loop van die week wissel.
Vandag, Maandag, 10 Julie, word ‘n maksimum van 14°C verwag, Dinsdag se temperature sal tussen 1 en 15 grade wissel terwyl Woensdag, Donderdag en Vrydag se voorspelde temperature sal vir al drie dae ‘n maksimum van 18°C en ‘n minimum van 3°C bereik.
Die kwik het vroeg vanoggend in die area begin daal as gevolg van ‘n kouefront van die Wes-Kaap wat nou ooswaarts inbeweeg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'