MOLTENO NUUS - Hoewel Molteno veral bekend is as die geboorteplek van Ouma-beskuit en die tuiste van 'n kunstenaar van internasionale faam, Eric Eatwell, het hierdie nederige plattelandse dorpie nou nog iets om op te roem: The Littlest Bookshop.
The Littlest Bookshop, geleë in die huis van die skrywer, Nadine Rose Larter, is 'n moet vir elke boekliefhebber wat deur die dorp reis.
Die winkeltjie is piepklein, maar bevat duisende boeke, duidelik deur 'n ywerige leser gekies met iets vir almal.
"My boekwinkel het geweldig gegroei oor die grendeltyd, want almal het skielik 'n boek nodig gehad om te lees om te ontspan. Gelukkig kon ek ook by die Molteno-WhatsApp-groep aansluit, en plaaslike lesers kon hul boeke voor die deur ontvang," sê Nadine.
Nadat sy besluit het om saam met haar gesin na Molteno te verhuis, het Nadine besef dat sy iets produktief wou doen sonder om haar vryheid te beperk, en so is The Littlest Bookshop gebore. Die meeste van haar sake word op 'n taamlik onkonvensionele manier via Instagram en Facebook (@thelittlestbookshopza) gedoen.
"Ek is mal daaroor, want ek spandeer my dae om oor boeke te gesels en vriende te maak met mede-boekliefhebbers," sê Nadine. "Die fisiese winkel is meer vir myself as enigiemand anders. Ek kan net so maklik uit 'n boks werk, maar ek hou van die outentieke klein ruimte."
Die winkel is nie op 'n konvensionele manier 'oop' vir besoekers nie. As iemand dit graag wil besoek, is dit die beste om 'n afspraak te maak via Instagram of Facebook.
"Dit gee my bietjie tyd om die honde weg te sluit, anders liefie hulle jou van jou voete!" sê Nadine. "Ek is ook geneig om te kom en te gaan soos ek wil. Daarom wil ek nie hê mense moet inloer en dan het ek saam met my suster gaan tee drink nie!'
Die winkeltjie is piepklein, maar bevat duisende boeke, duidelik deur 'n ywerige leser gekies met iets vir almal.
Nadine Rose Larter geniet die vryheid wat haar boekwinkel haar bied.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'