GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit het vroeg vanoggend ‘n verklaring uitgereik wat die inwoners van Graaff-Reinet meedeel dat die kragtoevoer van die pompe wat water aan die dorp verskaf, skade opgedoen het as gevolg van gisteraand se weerlig.
Dit het tot gevolg gehad dat sekere gedeeltes van Graaff-Reinet vroegoggend nie water gehad het nie.
Die munisipaliteit skenk tans aandag aan die probleem en hoop om dit so spoedig moontlik op te los.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'