GRAAFF-REINET NUUS - Spieëltjie, spieëltjie aan die wand wie is die mooiste in Oranjeland?
Verlede week is die Sekondêre Meisieskool Oranje se Mej Oranje-kompetisie gehou.
’n Ware sprokiesverhaal het op die aand in die skool se ML Spiessaal afgespeel waar twee vorige leerders van Laer Volkskool onder die skones te vinde was.
Mandie de Wet is as Mej Oranje aangewys, terwyl mede oud-Volksie, Francisce Crouse as trotse finalis deelgeneem het.
Mandie is die dogter van Koos en Orpa de Wet en Francisce die dogter van Jimmy en Amey Crouse.
Beide die ouerpare boer in die Graaff-Reinet omgewing.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'