GRAAFF-REINET NUUS - Tragedie het André en Mariaan Schoeman van Hofmeyr op Kersdag getref toe Jackie, hul liefling bejaarde hondjie, tydens 'n familiekuier in Modimole verdwyn het.
Die Schoemans was ontsettend ontsteld en het met swaar harte sonder hul geliefde Jackie huiswaarts gekeer.
Maar Woensdag 18 Januarie, het hulle uit die bloute 'n oproep van 'n egpaar in Modimole ontvang. Kleine Jackie was veilig by die gesin nadat hulle vir dae probeer het om haar nader te lok.
André en Mariaan het dadelik in die kar gespring en hulle liefste hondjie gaan haal.
"Ons is oorstelp van vreugde," sê Mariaan.
Lees meer oor die roerende hersiens en waar Jackie was Donderdag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'