GRAAFF-REINET NUUS - Só het dit vroeg vanoggend (18 Augustus) gelyk voor Johnty’s Liquor Store in Kroonvale, Graaff-Reinet, waar sowat 50 mense die koue trotseer het in afwagting vir die her-verkoop van alkohol.
Volgens Shaundrick April van Kroonvale-Suid is dit vir hom ’n groot verligting om weer sy gunstiling bier te kan koop. Hy sê ook hy het gereeld gemmer gekoop vir die maak van huisbier. Hy is ook nie seker hou lank die verkope van drank sal oop bly nie.
Volgens ’n tavern-eienaar wat annoniem wil bly, is dit ook ‘n groot verligting om weer alkohol te kan verkoop. Hy sê dit is sy enigste bron van inkomste en sedert die inperking was hy slegs afhanklik van die Covid-toelaag.
As ’n roker is dit ook vir hom ‘n verligting om weer sigarette te mag koop. Hy is ook van mening dat alle inwoners verantwoordelik moet wees met die gebruik van hul drankies sodat daar nie weer ’n verbot op die verkoop van alkohol geplaas word nie.
Volgens die bestuurder van een van die plaaslike vulstasies het mense kort na middernag tou gestaan om weer hulle gunsteling handelsmerk sigarette te koop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'