GRAAFF-REINET NUUS - By die ingang tot die Cradockstraat-begraafplaas in Graaff-Reinet het daar onlangs 'n muur omgeval gedurende slegte weersomstandighede.
Dit het die gevolg gehad dat die begraafplaas ontoegangklik is vir die publiek vanaf die ingang in Cradockstraat.
Daar is dringend deur die bestuur aandag hieraan gegee aangesien dié ingang dikwels deur besoekers en toeriste - sowel as familie wat die grafte van hul voorgeslagte wil besoek -oor die loop van die Kersseisoen gebruik word.
Die bestuur vra graag - by wyse van dié berig - onverskoning vir enige ongerief veroorsaak tydens die herstel van die ingang en bedank die publiek vir hul samewerking in die verband.
Daar kan vir tyd en wyl gebruik gemaak word van die Stockenstroomstraat-ingang tot die begraafplaas.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'