Update
KAROO NUUS - ‘n Huisbrand wat gister, 12 September, in die Chris Hani-uitbreiding in Mkhizestraat, Graaff-Reinet uitgebreek het, het die lewe van die 96-jarige Bettie Kruger geëis. Die oorledene se kleindogter, ook Bettie Kruger, vertel dat sy al by die werk was toe hulle haar laat weet het dat haar huis aan die brand is.
Toe sy by die huis opdaag is sy meegedeel dat haar ouma nog in die bed was toe die brand ontstaan het.
Bettie vertel dat haar ouma bedlêend was en nie meer kon sien nie.
Forensies was laaste op die toneel en het die liggaam van die 96-jarige uit die smeulende huis verwyder. Raadslid Andile Nofomele (wyk 6) het gister die gesin na die Midland-hospitaal vergesel om die formaliteite af te handel.
Nofomele het ook vandag aan die Advertiser bevestig dat hy vandag saam met die gesin, ‘n verklaring by Eskom gaan aflewer het omdat dit blyk dat die brand by die kragboks ontstaan het.
Vorige artikel: Tweede huisbrand in 'n week
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’