GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naude-munisipaliteit ondervind tans groot uitdagings met die verskaffing van water aan Graaff-Reinet.
Daar word ondervind dat persone nie ag slaan op die waterbeperkings nie en dat die verbruik van water nog steeds baie hoog is.
Water word vanaf boorgate voorsien.
Dit noodsaak alle verbruikers in die Munisipaliteit om dadelik te hou by die waterbeperkings. U word verder versoek om water baie spaarsamig te gebruik.
Die voorsiening van water sal van tyd tot tyd onderbreek word, en inwoners kan verwag dat uitdagings aangaande watervoorsiening voortdurend sal wees.
Inwoners wat in hoër gebiede geleë is, moet verseker dat hulle altyd emmers met water het, aangesien water nie altyd geredelik beskikbaar sal wees nie.
Die munisipaliteit oorweeg selfs meer drastiese stappe soos die rantsoenering van water.
Inwoners word versoek om alle waterlekkasies onmiddellik te rapporteer en ook uit te kyk vir enige lekkasies van hul toilette (water wat voortdurend van die reservoirbak na die toiletbak loop).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'